Our Service

LOTTO 6/49 & LOTTO Plus

Wat is LOTTO?

LOTTO is ‘n kansspel waar die speler ses (6) nommers uit ‘n veld van 49 nommers moet kies. Indien hierdie ses (6) nommers ooreenstem met die nommers wat in die LOTTO-trekking getrek word, wen die speler die prys in die eerste kategorie.

Wat is LOTTO Plus?

LOTTO Plus is ‘n uitbreiding van die LOTTO-aanlynspel waarin keuses wat vir ‘n LOTTO-trekking gemaak is, in ‘n addisionele ooreenstemmende LOTTO Plustrekking

verwed word. Met ander woorde, dit gee‘n tweede kans om in die LOTTO-spel te wen, teen ‘n bykomende koste. LOTTO Plus kan ook gespeel word wanneer LOTTO gespeel word, en die spelborde wat vir LOTTO Plus ingeskryf word, moet dieselfde wees as die spelborde wat in die LOTTO gespeel is.

Hoe om LOTTO te speel

  • Elke LOTTO-spelbord kos R3,50, insluitende BTW.
  • Behalwe in die geval van ‘n inskrywing deur intekening, sal ‘n geldige wenkaartjie die enigste geldige grondslag vir die opeis van ‘n prys wees.
  • ‘n Speler mag op enige enkele LOTTO-inskrywingskoepon ‘n minimum van een pelbord speel.
  • ‘n Speler moet met die hand in swart of blou pen of potlood ses (6) nommers uit die nommers 1 tot en met 49 op elk van een of meer spelborde merk.
  • Indien die speler die multitrekkingfasiliteit gebruik, sal hy/sy sy/haar keuse(s) op die betrokke rye op die LOTTO-inskrywingskoepon merk en die betrokke blokkie op die LOTTO-inskrywingskoepon merk om die getal LOTTO-trekkings aan te dui waarvoor sy/haar keuse(s) ingeskryf moet word.
  • Vir die doeleindes van die kies van die “Getal trekkings” vir die multitrekking moet ‘n speler die “Getal trekkings”-blokkies op die LOTTO-inskrywingskoepon merk. Die tydperk wat deurdie gekose multitrekking gedek word, begin op die eerste Saterdag of Woensdag wat volg op die datum waarop ‘n speler sy/haar keuse gemaak het. Hierdie tydperk eindig wanneer die getal trekkings wat gekies en op ‘n kaartjie aangedui is, gemaak is.
  • Die koste van ‘n multitrekkingkaartjie sal die totale koste van die spelborde wees wat gekies is, vermenigvuldig met die getal trekkings wat die speler gekies het om voor in te skryf.
  • Die voltooide LOTTO-inskrywingskoepon met die betrokke verskuldigde bedrag moet dan aan die kleinhandelaar voorgelê word, wat die voltooide LOTTO-inskrywingskoepon deur die terminaal sal verwerk. ‘n Kaartjie met ‘n rekord van elke keuse wat op die koepon gemerk is, sal aan die speler uitgereik word.
  • Die kleinhandelaar sal ‘n LOTTO-inskrywingskoepon deur die terminaal verwerk, en kaartjies sal slegs deur die terminaal uitgereik word.
  • Indien die terminaal die LOTTO-inskrywingskoepon verwerp, is die inskrywing nie geldig nie.